John Williams (dirigent)
John Towner Williams (gebore op 8 Februarie 1932)[1][2][3] is 'n Amerikaanse komponis en dirigent. In 'n loopbaan wat oor sewe dekades strek, het hy van die gewildste, herkenbaarste en mees geprese rolprentmusiek in die geskiedenis geskryf.
John Williams | |
---|---|
Williams in 2011, saam met die Boston Pops Orchestra. | |
Gebore | John Towner Williams 8 Februarie 1932 Queens, New York, VSA |
Beroep |
|
Jare aktief | 1952-tans |
Williams het 25 Grammys, 5 Oscars, 7 Baftas en 4 Golden Globes gewen. Sy 53 benoemings vir 'n Oscar is die meeste naas dié van Walt Disney. Hy word beskou as een van die grootste komponiste in die rolprentbedryf.[4] Hy is bekend vir sy samewerking met Steven Spielberg en George Lucas, en het ook al saam met talle ander regisseurs gewerk, soos Alfred Hitchcock, Brian de Palma, Robert Altman, Oliver Stone, Richard Donner, Sydney Pollack en Mark Rydell. Hy het 'n baie eiesoortige klank wat romantiese, impressionistiese, atonale en orkesmusiek meng.[5]
Sy vroeë werk as rolprentkomponis sluit in musiek vir The Killers (1964), Valley of the Dolls (1967), Goodbye, Mr. Chips (1969) en The Long Goodbye (1973). Williams word met Spielberg verbind sedert sy prent The Sugarland Express van 1974, en het die musiek geskryf vir al sy rolprente buiten vyf. Spielberg het hom by Lucas aanbeveel, en dié het hom gehuur vir Star Wars.
Sy eerste Oscar was vir die beste oorspronklike musiek vir Fiddler on the Roof (1971). Ander sluit in vir die rolprente Jaws (1975), Star Wars (1977), E.T.: The Extra Terrestrial (1982) en Schindler's List (1993). Nog van sy musiek wat lank onthou sal word, was vir Close Encounters of the Third Kind (1977), Raiders of the Lost Ark (1981), Indiana Jones and the Temple of Doom (1984), Indiana Jones and the Last Crusade (1989), Hook (1991), Jurassic Park (1993), Saving Private Ryan (1998), A.I. Artificial Intelligence (2001), Lincoln en The Fabelmans (2022).[6] Williams het ook die musiek geskryf vir Superman (1978), die eerste twee Home Alone-prente en die eerste drie Harry Potter-prente. Sy motief vir "Hedwig's Theme" is egter in al agt prente gebruik.
Williams het ook verskeie klassieke concerto's en werk vir orkesensembles en solo-instrumente geskryf. Hy was van 1980 tot 1993 die Boston Pops Orchestra se hoofkomponis.[7]
In 2005 het die Amerikaanse Rolprentinstituut Williams se musiek vir 1977 se Star Wars gekies as die beste rolprentmusiek van alle tye. Die Library of Congress het die Star Wars-klankbaan in die Nasionale Opnameregister opgeneem as "kultureel, histories en esteties belangrik".[8]
Verwysings
wysig- ↑ Nylund, Rob (November 15, 2022). Classic Connection review Geargiveer 17 November 2022 op Wayback Machine, WBOI)
- ↑ Hernández, Javier C. (8 Februarie 2022). "John Williams, Hollywood's Maestro, Looks Beyond the Movies". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2022. Besoek op 22 Junie 2022.
- ↑ (April 23, 2022). From Jaws to Star Wars, Edmonton Symphony Orchestra celebrates John Williams Geargiveer 15 November 2022 op Wayback Machine, CTV News
- ↑ Gray, Tim (8 Oktober 2015). "John Williams Tapped for 44th AFI Life Achievement Award". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 11 Julie 2016.; "Nominee Facts – Most Nominations and Awards" Geargiveer 2 April 2016 op Wayback Machine, Academy of Motion Picture Arts and Sciences; besoek op 29 November 2015.
- ↑ Lehman, Franck. "A Guide to John Williams's Musical Universe".[dooie skakel]
- ↑ Burlingame, Jon (9 Junie 2016). "AFI Honoree John Williams Looks Back on Six Decades of Iconic Themes". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2016. Besoek op 11 Julie 2016.
- ↑ "Boston Pops – John Williams" Geargiveer 4 Februarie 2017 op Wayback Machine, bso.org; retrieved November 29, 2015.
- ↑ "Star Wars Score Named To National Recording Register". Film Buff Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2016.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John Williams (dirigent).
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.