Jonas Bjerre
Jonas Bjerre Terkelsbøl (gebore 21 September 1976) is die voorsanger en kitaarspeler vir die Deense rocktrio Mew.[1] Bjerre is daarbenewens ook 'n visuele kunstenaar en skep geanimeerde video's vir Mew se direkte optredes. Hy besit 'n ongewone hoë stem wat een van Mew se kenmerkende eienskappe is[2] en wat hom 'n Deense Musiektoekenning (DMA) vir Deense Manlike Solokunstenaar in 2006 besorg het.
Jonas Bjerre | |
---|---|
Genres | Alternatiewe rock, eksperimentele rock |
Instrumente | Stem, kitaar, klavier, sintetiseerder, trekklavier |
Jonas behoort ook aan 'n groep genaamd Apparatjik — wat lede Guy Berryman van Coldplay, Magne Furuholmen van A-ha en Martin Terefe insluit. Apparatrik is gevorm net om een snit saam te stel vir 'n liefdadigheidsalbum getiteld Songs for survival wat met die BBC-dokumentêr "Amazon with Bruce Parry" geassosieer word.
Hy het skool gegaan by die Bernadotte-skool[3] en was 'n student aan die Aurehøj Amts-gimnasium.
Verwysings
wysig- ↑ Jeg er nok ikke specielt macho. Portræt / interview : Jonas Bjerre Ekstra Bladet | 29.01.2006 | 1. sektion | Side 30
- ↑ Klassens kreative drenge Berlingske Tidende | 23.03.2003 | 2 Sektion, MAGASIN | Side 10
- ↑ Hvem vil ikke gerne være kat? Interview: Jonas Bjerre , Mew Politiken | 22.03.2003 | Kultur | Side 1 |