Joseph Jacobus Bosman
Joseph Jacobus Bosman (1895–1952) was 'n Suid-Afrikaanse bankier en stigter van Volkskas.
J.J. Bosman | |
---|---|
Gebore | Joseph Jacobus Bosman 23 Januarie 1895 Rustenburg-distrik |
Sterf | 29 Junie 1952 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Bankier |
Bekend vir | Stig Volkskas |
Biografie
wysigBosman is op 23 Januarie 1895 Rustenburg gebore. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog was hy saam met sy ma en twee ouer broers in die Potchefstroomse konsentrasiekamp. Op negentienjarige ouderdom aanvaar hy 'n betrekking in Johannesburg, waar hy by 'n handelsonderneming van assistent-boekhouer tot rekenmeester vorder. Later het hy by 'n rekenmeesters- en ouditeursmaatskappy gewerk, waar hy ondervinding van die administrasie van maatskappye opgedoen het.
Die gedagte om 'n eie Afrikaanse bank te stig, het in 1921 by hom ontstaan. Hierdie gedagte het gaandeweg gestalte gekry en in 1934 word Volkskas Ko-op Bpk, met Bosman as die hoofbestuurder, gestig. Die bank het later tot een van die belangrikste instellings in Suid-Afrika ontwikkel.
Bronne
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
- Swart, M.J., et al. (eds)(1980). Afrikaanse Kultuuralmanak, Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.