Jotam
Jotam (Hebreeus "Jahwe is volmaak") was die elfde koning van die koninkryk van Juda en het 16 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Ussia (ook Asarja genoem). Hy het regeer in die tyd van die profeet Jesaja. Volgens die Bybel het hy gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy is opgevolg deur sy seun Agas.
Jotam | |
---|---|
Jotam volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum | |
Gebore | |
Sterf | Jerusalem, Juda |
Nasionaliteit | Israeliet |
Beroep | Elfde koning/koningin van Juda |
Termyn | 750 - 735 v.C. |
Voorganger | Ussia |
Opvolger | Ahas |
Eggenoot | [[]] |
Kinders | Ahas |
Ouer(s) | Ussia en Jerusa |
Verwysings in die Bybel
wysig2 Kronieke 15: 32-38, 2 Kronieke 27: 1-9
Literatuur
wysig- Die Bybel (1953-Vertaling)
- Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1