Judith's Paarl
Judith's Paarl is 'n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika, in die voormalige "Area 9".
Judith's Paarl | |
---|---|
Koördinate: 26°11′25″S 28°4′20″O / 26.19028°S 28.07222°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,30 km2 (0,12 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 453 |
• Digtheid | 8 177/km2 (21 180/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.4% |
• Indiërs/Asiërs | 8.8% |
• Bruin mense | 4.5% |
• Swart mense | 81.2% |
• Ander | 3.0% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 29.9% |
• Engels | 17.5% |
• Xhosa | 8.0% |
• Ndebele | 6.3% |
• Ander | 38.4% |
Die voorstad is genoem na Judith C.E. Viljoen, die dogter van Barend Viljoen, oorspronklike eienaar van die plaas Doornfontein. Sy het getrou met Frederik Jacobus Bezuidenhout na wie die aanliggende voorstad Bezuidenhoutsvallei genoem is en wat die plaas in 1861 by haar vader gekoop het. Hulle dogter was ook Judith, maar die buurt is nie na haar genoem nie, soos ook beweer word. Sy was gekant teen die verkoop en ontwikkeling van dié deel van die plaas, wat sy beskryf het as "die pêrel (Nederlands: "paarl") van die plaas".[2]
Nadat die voorstad Judith's Paarl in 1896 op sy plaas aangelê is, het Bezuidenhout besluit om niks meer van sy grond te verkoop nie, maar Johannesburg het so vinnig uitgebrei, dat hy kort voor lank oortuig is om afstand van die hele vallei te doen, selfs sy geskiedkundige opstal.
Bronne
wysig- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 6. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Judith's Paarl". Sensus 2011.
- ↑ (en) Johannesburg 1912. URL besoek op 7 November 2017.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.