Jy is my liefling
Jy Is My Liefling is 'n Afrikaanse musiekblyspel wat romanse, komedie en aksie saamgooi. Dit is in 1968 deur Kavalier Films verfilm en uitgereik. Dirk de Villiers was die regisseur.
Jy Is My Liefling | |
---|---|
Regisseur | Dirk de Villiers |
Produksieleier | Ben Vlok, Willem van der Merwe |
Met | Franz Marx, Siegfried Mynhardt, Min Shaw e.a. |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1968 |
Speeltyd | 103 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is ’n musiekblyspel.
Akteurs
wysigDie hoofspelers is Franz Marx, Siegfried Mynhardt en Min Shaw.
Storielyn
wysigWillie Willeboer is ’n jong joernalis wat sy werk verloor en op ’n wildsplaas gaan bly om ’n boek te skryf. Hy raak verlief op die eienaar se dogter, Ans, maar sy beskou hom as ’n broer. Dan tel hy ’n diamant in die veld op en die aksie begin.