Kaap Columbine
punt in Suid-Afrika
Kaap Columbine is die suidelikste punt van Paternosterbaai, net noordwes van Vredenburg. Die Kaap Columbine-vuurtoring is op die Kaap opgerig. Daar het baie skepe hier op die rotse geloop, onder andere die troepedraer St. Lawrence, 'n Portugese stoomskip Lisboa en die barg Columbine - waarna die kaap vernoem is. Die Kaap Columbinenatuurreservaat is om die vuurtoring.