Kaapse rotskrap
Die Kaapse rotskrap (Plagusia chabrus) is 'n seedier wat voorkom in die suidelike Indiese- en suidelike Stille Oseaan, insluitend Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland en Chili.[1] Dit word tot 5 cm groot. Dit het 'n gladde, fluweelagtige karapaks en is rooibruin van kleur met geel tot oranje op die pote. Daar is twee kepe tussen die oë. Die krap kom voor in rotspoele of vlak riwwe en is 'n aktiewe swemmer. Hulle vreet seewier en klein diertjies.
Kaapse rotskrap | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. chabrus
|
Binomiale naam | |
Plagusia chabrus (Linnaeus)
| |
Sinonieme | |
|
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0