Kaapse valsklipmossel
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Kaapse valsklipmossel (Siphonaria capensis) kom aan die hele kus van Suid-Afrika voor en word tot 2,5 cm groot. Die skulp is ovaalvormig met die spits amper in die middel. Die skulp is gerib aan die buitekant met 'n gekartelde rand terwyl die binnekant glad is. Daar is bruin strepe aan die binnekant wat vanaf die middel uitstraal.
Kaapse valsklipmossel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. capensis
|
Binomiale naam | |
Siphonaria capensis Quoy & Gaimard
|
Die diertjie leef in die tussengetysone in poele of blootgestelde rotsgebiede. Hierdie klipmossel het nie soos die ander spesies kieue nie, maar kieuagtige uitgroeisels wat hulle toelaat om onder die water asem te haal.
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0