Kalandula-waterval
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Kalandula-waterval is een van die bekendste natuurtonele van Angola.
Ligging
wysigDie waterval is in die Lucalarivier, ‘n sytak van die Cuanzarivier, in die Malanjeprovinsie in die noordweste van Angola. Hierdie afgeleë val is net buite die dorp Calandula (9°5′25″S 17°57′17″O / 9.09028°S 17.95472°O), 80 km van die stad Malanje en 360 km van Luanda. Die val is 1067 m bo seespieël en by die koördinate 9°4′26″S 16°0′2.6″O / 9.07389°S 16.000722°O. Tydens die Angolese Burgeroorlog was dit die terrein van hewige gevegte.
Waterval
wysigDie val is nie veel hoër as 100 m nie. Sy breedte wissel van 400 m tot 579 m in die reënmaande van September tot April. Dan vloei dit teen 550 m³ per sekonde en word dit as een van die grootste watervalle in Afrika, volgens die volume water, gereken. Weinig toeriste besoek hierdie hoogste waterval van Angola. Vanaf twee aangeduide uitsigpunte kan ‘n goeie blik op die val verkry word.
Ander name
wysigDie val is ook bekend as die Dianzundu. In die koloniale tyd was dit bekend as die Quedas do Duque de Bragança. Vandag noem die Portugese dit die Quedas de Calandula.
Bibliografie
wysig- wondermondo.com
- www.world-of-waterfalls.com