Kapampangan
Kapampangan (Amánung Kapampángan, Amánung Sísuan; [kəːpəmˈpaːŋən]) is na Tagalog (met Filippyns, as amptelike taal), Cebuano, Ilokano, Hiligaynon, Waray-Waray en Sentraal-Bikol die sewende belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die noordelike dele van die Filippyne gepraat, spesifiek in die sentrale dele van die eiland Luzon. Daarbenewens word Kapampangan deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstate Alaska, Hawaii, Kalifornië en Washington.
Kapampangan Amánung Kapampángan, Amánung Sísuan | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kəːpəmˈpaːŋən] | |
Gepraat in: | Filippyne Verenigde State | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 2 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Filippyns Sentraal-Luzon Kapampangan | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Kulitan-skrif (histories) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Streektaal in die Filippyne | |
Gereguleer deur: | Komisyon sa Wikang Filipino | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | pam
| |
ISO 639-3: | pam
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Taalkundiges klassifiseer Kapampangan as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan sommige van die ander Austronesiese tale op Luzon. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kapampangan". Ethnologue. Besoek op 23 Oktober 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kapampangan.