Karin Roodt
Karin Roodt (néé Bredenkamp) is die vrou van die Afrikaanse skrywer en taalaktivis Dan Roodt. Sy skryf aanvanklik onder die skuilnaam Karin Konsentrasiekamp.
Lewe en werk
wysigKarin is getroud met die skrywer, digter en taalaktivis Dan Roodt. Sy is ook betrokke in die politiek, eers as lid van die Vryheidsfront Plus en daarna as lid van Front Nasionaal. Tans is Roodt die redakteur by die webwerf www.praag.co.za Geargiveer 16 Januarie 2016 op Wayback Machine. (Praag is 'n akroniem vir Pro-Afrikaanse Aksiegroep).[1]
Skryfwerk
wysigKarin Roodt debuteer in 1985 onder die skuilnaam Karin Konsentrasiekamp met die boek Hoekom nies u nie?
As Karin Roodt publiseer sy in 2012 die roman Duiwelsasem.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 27 September 2016.