Karl Jenkins
Karl William Jenkins OBE D.Mus.[1] (gebore 17 Februarie 1944) is 'n Walliese musikant en komponis. Jenkins is aangestel as 'n offisier van die Orde van die Britse Ryk in die Nuwejaars-erelys van 2005.
Karl Jenkins | |
---|---|
Geboortenaam | Karl William Jenkins |
Gebore | 17 Februarie 1944 Penclawdd, Swansea, Wallis |
Genres | Jazz Moderne klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Instrumente | Klavier |
Jare aktief | 1960's – huidig |
Webwerf | www.karljenkins.com |
Agtergrond
wysigJenkins is gebore en getoë in die dorpe Penclawdd op die Gower-skiereiland. Sy vader, wat 'n plaaslike onderwyser, orrelis en koorleier was, het hom aanvanklik aan musiek bekend gestel. Jenkins was 'n leerling aan die Gowerton Grammar School in Swansea.
Jenkins het sy musikale loopbaan begin as 'n hoboïs in die Nasionale Jeugorkes van Wallis. Hy het in musiek gaan studeer aan die Cardiff Universiteit en het sy nagraadse studies voortgesit aan die Royal Academy of Music waar hy sy vrou en musikale medewerker, Carol Ballatt, ontmoet het.[2][3][4]
Eksterne skakels
wysig- Karl Jenkins se amptelike webblad
- Biografie by Calyx (Canterbury musiekwebblad) Geargiveer 12 Junie 2008 op Wayback Machine
- Karl Jenkins op MySpace
- Karl Jenkis se musiek in TV advertensies Geargiveer 24 Maart 2014 op Wayback Machine at ADmusicDB.com Geargiveer 24 Maart 2010 op Wayback Machine
- Karl Jenkins biografie van BBC Walli
Verwysings
wysig- ↑ "Karl Jenkins – Biography" (in Engels). Karljenkins.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2010. Besoek op 6 November 2008.
- ↑ "University of Leicester – Oration for Karl Jenkins by Professor Gordon Campbell". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2012. Besoek op 7 November 2009.
- ↑ "Persverklaring op www.karljenkins.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2007. Besoek op 7 November 2009.
- ↑ Carol Barratt by Allmusic
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikiquote het aanhalings in verband met Karl Jenkins |