Karl Wilhelm Ludwig Pappe
Suid-Afrikaanse plantkundige (1803-1862)
Dr. Karl Wilhelm Ludwig Pappe (1803 – 1862) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy is in 1803 in Hamburg gebore. Hy kwalifiseer as 'n geneesheer maar maak van plantkunde 'n lewenslange studie aan die Kaap waar hy onder meer spesialiseer in geneeskundige plante, houtbome en varings waaroor hy gesaghebbende werke geskryf het. Hy is in 1862 in Kaapstad oorlede.
Karl Wilhelm Ludwig Pappe | |
Karl Wilhelm Ludwig Pappe, ca. 1850
| |
Gebore | 1803 Hamburg |
---|---|
Oorlede | 14 Oktober 1862 Kaapstad, Kaapkolonie |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Plantkunde |
Instelling(s) | Suid-Afrikaanse Kollege |
Die standaard skrywerafkortings Pappe word gebruik om Karl Wilhelm Ludwig Pappe as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam vermeld word.
Sien ook
wysigBron
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karl Wilhelm Ludwig Pappe.