Karla du Plessis

Karla du Plessis is die jongste dogter van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Koos du Plessis. Koos het die lied "Karla" oor haar gesing. Sy is ’n sangeres en liedjieskrywer in eie reg. Op haar eerste twee albums sing sy liedjies van haar pa. Op die album "Woordeloos" sing sy saam met hom "As jy my kon volg", waar die stemme digitaal saamgestel is. Saam met Theuns Jordaan sing sy die lied "Wie weet", wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was. Vir haar derde album, "Steeds op vrye voet", is sy bekroon vir die beste album deur 'n sangeres.

Karla du Plessis
GeboreOnbekend
Beroep(e)Sangeres
EtiketteKarla du Plessis Produksies

Diskografie

wysig

Verwysings

wysig

Sien ook

wysig