Katy Perry
Katheryn Elizabeth Hudson (gebore 25 Oktober 1984), beter bekend onder haar verhoognaam Katy Perry, is 'n Amerikaanse sangeres-liedjieskryfster en musikant. Perry het in 2007 roem verwerf met haar internettreffer "Ur So Gay" en het verdere aansien behaal met haar deurbraakenkelsnit "I Kissed A Girl" (2008).
Katy Perry | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Katheryn E. Hudson |
Gebore | 25 Oktober 1984 |
Oorsprong | Santa Barbara, Kalifornië, VSA |
Genres | Pop, synthpop, gospel |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Etikette | Capitol, Columbia |
Webwerf | katyperry.com |
Hudson is in Santa Barbara, Kalifornië gebore en is deur Christen-pastoorouers grootgemaak. Sy het slegs na Christelik-evangeliese musiek geluister terwyl sy grootgeword het. Ná haar eerste jaar van hoërskool het sy begin om 'n musiekloopbaan te volg. Sy het 'n selfgetitelde evangeliealbum in 2001 as Katy Hudson vrygestel. Nadat sy 'n platekontrak met Capitol Music Group in 2007 onderteken het, het sy die verhoognaam Katy Perry aangeneem en het sy haar eerste hoofstroomalbum, One of the boys, vrygestel.
Diskografie
wysig- Katy Hudson (2001)
- One of the Boys (2008)
- Teenage Dream (2010)
- Prism (2013)
- Witness (2017)
- Smile (2020)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Katy Perry.
- (en) Amptelike webwerf