Kettery
Kettery is 'n geloof of teorie wat teenstrydig is met gevestigde gelowe en gebruike. 'n Ketter is 'n voorstander van só 'n teenstrydige geloof of teorie.
Kettery in Christendom, Judaïsme en Islam is op verskillende tye met afkeuring ontmoet, wat gewissel het van ekskomunikasie tot die doodstraf.
Kettery is onderskeibaar van afvalligheid, wat die uitdruklike afstanddoening van iemand se godsdiens, beginsels of saak is; en van godslaster, wat 'n onvrome uiting of handeling rakende God of heilige dinge is. Ketterskunde is die studie van kettery.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kettery.