Kitty O'Brien Joyner

Kitty O'Brien Joyner (11 Julie 1916 - 16 Augustus 1993) was 'n Amerikaanse elektriese ingenieur by die Nasionale Adviserende Komitee vir Aeronoutika (Naca), en toe by Nasa by die organisasie se vervanging van Naca in 1958. Sy was die eerste vrou om te gradueer uit die Universiteit van Virginië se ingenieursprogram in 1939, en het die Algernon Sydney Sullivan-prys by haar graduering ontvang. Toe sy dieselfde jaar deur Naca aangestel is, het sy die eerste vroue-ingenieur by die organisasie geword, en uiteindelik gevorder tot die Tak-hoof. Sy het verskeie van die organisasie se windtonnels bestuur. Haar werk het bygedra tot navorsing op aeronoutika, supersoniese vlugte en lugvaartontwerpstandaarde.

Kitty O'Brien Joyner
Joyner analiseer die bedryf van 'n windtonnel turbine by Langley Navorsingsentrum in 1952
Gebore
Kitty Wingfield O'Brien[1]

11 Julie 1916
Sterf16 Augustus 1993
NasionaliteitAmerikaans
Alma materSweet Briar Kollege, Universiteit van Virginië[2]
BeroepElektriese ingenieur (1939–71)
Werkgewer
  • Nasionale Adviserende Komitee vir Aeronatika (NACA)
  • Nasa
OrganisasieInstituut van Elektriese en Elektroniese Ingenieurs( IEEE)
Bekend virEerste vroue-ingenieur by die Langley Navorsingsentrum (Memorial Langley Aeronautical Laboratory)
EggenootUpshur T. Joyner

Notas

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings

wysig
  1. "Girl Engineer Talks: Kitty O'Brien Finds Field 'Opportunity For Women'". The Miami News. 29 November 1938. p. 7.
  2. Lineberry, Tricia (20 Augustus 1993). "Obituaries – Kitty Joyner". Daily Press (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2018. Besoek op 16 April 2019.