Klas 1E-lokomotief
Klas 1E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n Bo-Bo-ontwerp (twee tweewieldraaistelle met traksiemotors op elke as).
Klas 1ES nr. E145 by Soutrivier, Kaapstad, Januarie 1975 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Metropolitan-Vickers |
Vervaardiger | Swiss Locomotive and Machine Works Metropolitan-Vickers Werkspoor Robert Stephenson and Hawthorns |
Serienommer | SLM 2875-2934 (E1-E60, Series 1) |
Model | Metrovick 1E |
Klas | Klas 1E, Klas 1ES |
Vervaardig | 1923-1944 |
Aantal gebou | 78 Series 1, 1923-1925 17 Series 2, 1925-1926 5 Series 3, 1936 20 Series 4, 1936 22 Series 5, 1938 20 Series 6, 1938 10 Series 7, 1944 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1.067 m) |
Bogies | 2.819 m |
Min. draaisirkel | 91.45 m |
Wielbasis | 9.423 m |
Lengte | 13.310 m |
Breedte | 2.800 m |
Hoogte | 3.962 m pantograwe neer |
Asbelasting | 17 6⁄20 t |
Lokomotiefmassa | 69 t |
Elektriese stelsel | 3 kV DC |
Kragverkryging | Pantograwe |
Traksiemotors | Vier MV 182R |
Transmissie | 17/75 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 4 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 72 km/h (45 mpu) |
Kraglewering | Per motor: 224 kW (300 pk) 1 uur 640 kW aanhoudend Totaal: 896 kW (1,202 pk) 1 uur 3 840 kW aanhoudend |
Trekkrag | 176 kN wegtrek 95 kN 1 uur 73 kN aanhoudend[1] |
Lokomotiefremme | Heropwekkingremme |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 172 |
Vlootnommer(s) | Series 1 E1-E78 Series 2 E79-E95 Series 3 E98-E102 Series 4 E103-E122 Series 5 E139-E160 Series 6 E161-E180 Series 7 E181-E190 |
Afleweringsdatum | 1925-1945 |
Eerste tog | 1925 |
Die eerste hooflyn wat geëlektrifiseer is, was tussen Pietermaritzburg en Glencoe tussen 1924 en 1926. Die toevoer was 3 kV gelykstroom en 78 lokomotiewe is bestel by Metropolitan Vickers and Company in Manchester. Dit was op daardie stadium die grootste bestelling vir één tipe elektriese lokomotief ter wêreld.
Die lokomotief was aangedryf deur vier 224 kW motors. Die lokomotief self was toegerus met lugremme en vakuumremme vir die trein. Heropwekkingremme is ook verskaf (die motor word as 'n generator gebruik en die energie word terug in die kraglyn gestuur). Drie eenhede mag op een slag aanmekaar gekoppel word. Daar is in totaal 172 van die lokomotiewe gebou. Die lokomotief se maksimum veilige snelheid is 72 km/h.
Gedurende 1968 is van die lokomotiewe omgeskakel na Klas 1ES vir rangeergebruik. Daar is ook verbeterings gemaak aan die elektriese gedeelte.
Hulle is almal lank reeds uit diens onttrek.
-
'n Paar Klas 1E-lokomotiewe voor 'n passasierstrein in Natal, ongeveer 1930
-
No. E23 uitgestal in Nigel, 24 September 2009
-
No. E25 in swart, op Danskraal, Ladysmith, 5 Desember 2010
-
Series 2 vervaardigers plaat
-
No. E155 lokomotief nommerplaat
Verwysings
wysig- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 1E-lokomotief.