Klas 32-200-diesellokomotief
Die Klas 32-200 is 'n diesel-elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir werk op die spoorlyne van die destydse Suidwes-Afrika.[2] Om te verseker dat die aslading binne die beperking bly is spesiale draaistelle ontwerp met ponies - twee ekstra wiele - voor en agter. Dit is dus 'n 1Co+Co1 (Co-Co: twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) ontwerp.
PPC Saldanha se Klas 32-200 no. 32-202, 8 Januarie 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | General Electric |
Vervaardiger | General Electric |
Serienommer | 35842-35851 [1] |
Model | GE U20C1 |
Klas | Klas 32-200 |
Vervaardig | 1966 |
Aantal gebou | 10 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | 1Co+Co1 interlink boegies |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 762 mm |
Wielbasis | 13.246 m |
Lengte | 16.866 m |
Breedte | 2.756 m |
Hoogte | 3.924 m |
Asbelasting | Ponie 10.180 t |
Lokomotiefmassa | 93.000 t gem. |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 4 300 l |
Primêre aandrywing | GE 7FDL-12 V12 |
Enjin o.p.m. | 400 rpm luier 1 000 rpm maksimum |
Enjintipe | Vierslagdiesel |
Belugting | Cooper Bessemer ET13 turboaanjaer |
Generator | DC 10 pool GE 5GT-581C9 |
Traksiemotors | Ses GE 5GE-761A9 DC 4 pool * 625 A vir 1 uur * 615 A aanhoudend teen 18 km/h |
Silinders | V12 |
Transmissie | Dieselelektries |
Veelvuldige werking | 4 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 100 km/h |
Kraglewering | 1 475 kW wegtrek 1 340 kW aanhoudend |
Trekkrag | 183 kN wegtrek 146 kN teen 27 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | Lugremme, 28-LV-1 met waakbeheer Dinamiese remme nie toegerus nie |
700 l hoofreservoir Kompressorkapasiteit: 0.029 m3/s Uitlaatkapasiteit teen luierspoed: 0.116 m3/s | |
Lokoremkrag | 65% verhouding teen 345 kPa remsilinderdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet TransNamib Soedannese Spoorweë Goldfields PPC Lime Sheltam |
Aantal in klas | 10 |
Vlootnommer(s) | 32-201 tot 32-210 |
Afleweringsdatum | Junie-Julie 1966 |
Eerste tog | 1966 |
Hierdie is die tweede Klas 32-reeks lokomotief wat bestel is by "General Electric" in die VSA. Tien eksemplare van reeks 32-200 is in Junie en Julie 1966 afgelewer en staan by die vervaardiger as U20C1 bekend. Daar is ooglopende verskille tussen die eerste en tweede reekse, die eerste het 'n hoër neus voor die kajuit as die tweede. Laasgenoemde is ook kragtiger as die vroëre Klas 32-000, en genommer in die reeks 32-201 tot 32-210.[2]
Hulle is elk toegerus met 'n vierslag V12 turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Dinamiese remme is nie toegerus nie. Drie lokomotiewe kan in serie verbind word om as een eenheid te werk.
'n Paar lokomotiewe van die reeks 32-200 het tydelik diens gedoen op die Amabele-Mthathatrajek [3] totdat Klas 35-000 diesels in 1972 afgelewer is.
-
TransNamib se Klas 32-200 no. 205 op Windhoekstasie, 26 Junie 2010
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 32-200.
Verwysings
wysig- ↑ Middleton-SA Loco Guide, pp. 38, 45, 47, 66
- ↑ 2,0 2,1 South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig
- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 138–139