Klas 4-stoomlokomotief
Die Klas 4 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die 20ste eeu gebruik is. Die klas het twee subklasse.
'n Klas 4 op Worcester in die Kaapprovinsie | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Kaapse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | North British Locomotive Company |
Serienommer | 19242-19243 [1][2] |
Model | CGR 4-8-2[3] |
Vervaardig | 1911 |
Aantal gebou | 2 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 ½ dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Agterwielomtrek | 838 mm (33 dm) |
Wielbasis | Totaal: 17.586 m Enjin: 4.394 m per gekoppelde deel, 9.728 m totaal Tender: 1.372 m boegie, 4.902 m totaal |
Lengte | 19.822 m |
Hoogte | 3.912 m |
Asbelasting | 15.2 t op die 4de drywer |
Massa op dryfwiele | 60.0 t |
Lokomotiefmassa | 83.4 t |
Tendermassa | 21.7 t leeg |
Gesamentlike massa | 127.6 t gelaai |
Tendertipe | XJ * 2 asboegies 864 mm wiele, lengte 7.334 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 6.9 t |
Waterkapasiteit | 16 000 ℓ |
Stoomketel | 1.695 m binnediameter, 5.486 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3.437 m2 |
201 buise met 57.1 mm omtrek | |
– Vuurkas | 17.280 m2 |
215.256 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 521 mm (20 ½ dm)) boor 711 mm (28 dm) slag |
Klepwerk | Stephenson[3] |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 131 kN (29 420 lbf) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Kaapse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë [1] |
Aantal in klas | 2 |
Vlootnommer(s) | CGR 850-851 SAR 1477–1478[4] |
Plek gebruik | Kaapse hooflyn, later Witwatersrand |
Afleweringsdatum | 1911 |
Eerste tog | 1911 |
Onttrekkingsdatum | 1938 |
Klas 4
wysigHierdie klas is 'n Kaapse Regeringspoorweë (CGR)-lokomotief en ontwerp deur H.M. Beatty in 1911. Die eerste twee lokomotiewe was toegerus met Stephenson-klepratwerk en D-kleppe en was nie met superverhitters toegerus nie. Hulle het hoofsaaklik op die Kaapse hooflyn diens gedoen en was uit diens gestel in 1938.[3]
Klas 4A
wysigTien lokomotiewe is bestel by North British Locomotive Company in 1913 en 1914. Hulle was toegerus met superverhitters, Walschaerts-klepratwerk en geklassifiseer as Klas 4A. Vir die eerste tien jaar het hulle op die Kaapstad-Mafekinghooflyn diens gedoen en daarna is hulle oorgeplaas na die Witwatersrand waar hulle vir vele rolle aangewend is, veral op die Zeerust, Volksrust en Breytentrajekte.
Klas 4AR
wysigWanneer Klas 4A toegerus word met Nommer-2 stoomketels word hulle as Klas 4AR herklassifiseer. Die laaste van die klas het rangeerdiens gedoen in die Wes-Rand en is uit diens onttrek in 1974.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 12–13, 137. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ North British Locomotive Company works list
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112.pp. 38–39.
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 4-stoomlokomotief.