Klas 9E-lokomotief
Klas 9E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word. Dit is 'n Co-Co (Co-Co: twee driewieldraaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief benodig 50 kV wisselstroom toevoer. Hierdie lokomotiewe is ontwerp om op die Sishen-Saldanha Spoorlyn diens te doen.
Spoornet no. E9016 op Saldanha, 26 Julie 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | General Electric Company |
Vervaardiger | Union Carriage & Wagon |
Serienommer | 5546-5570 |
Model | GEC 9E |
Klas | Klas 9E |
Vervaardig | 1978-1979 |
Aantal gebou | 25 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co-Co |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3,940 m wielbasis |
Wielbasis | 16,29 m |
Lengte | 21,132 m |
Breedte | 2,9 m |
Hoogte | 3,9 m pantograaf neer |
Asbelasting | 28 000 kg |
Lokomotiefmassa | 166 300 kg |
Kragverkryging | Pantograaf |
Traksiemotors | Ses G415AZ |
Transmissie | 18/83 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 90 km/h |
Kraglewering | Per motor: 690 kW 1 uur 640 kW aanhoudend Totaal: 4140 kW 1 uur 3 840 kW aanhoudend |
Trekkrag | 570 kN wegtrek 483 kN 1 uur 388 kN aanhoudend[1] |
Lokomotiefremme | Lug en reostaties |
Lug | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail |
Kragklas | 50 kV AC |
Aantal in klas | 25 |
Vlootnommer(s) | E9001-E9025 [2] |
Plek gebruik | Sishen-Saldanha Spoorlyn |
Afleweringsdatum | 1978-1979 |
Eerste tog | 1978 |
Een-en-dertig lokomotiewe is gebou deur Union Carriage & Wagon in Nigel na die ontwerp van GEC Traction of Manchester. Daar is net een kajuit in die lokomotief wat met 'n lugversorger toegerus is. Die agterkant van die lokomotief is laer om die enkele pantograaf, 'n spanningsverdeler, 'n vakuumstroombreker en die kontakpunte van die hooftransformator te huisves. Daar is 'n kompartement tussen die twee draaistelle wat die lugtenks en batterye huisves. Hier is ook voorsiening gemaak om 'n klein motorfiets te stoor sodat die bemanning die 2,3 km-lange trein vinnig kan inspekteer.
Die aanhoudende kraglewering van al die motors is 3 840 kW. Die lokomotief beskik oor vyf remtoestelle: lugremme vir die lokomotief, lugremme vir die trein, vakuumremme vir die trein, 'n handrem en dinamiese elektriese reostaatremme wat 4 200 kW weerstand kan bied.
-
SAR No. E9006 naby Dingleton, Noord-Kaap, 14 Mei 2006
-
Agterkant van SAR no. E9007, Salkor-werkswinkel, Saldanha, 19 Augustus 2010
-
SAR No. E9012 tydens 'n diens, Saldanha, 26 Julie 2009
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 9E-lokomotief.
Verwysings
wysig- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 129–131.
- ↑ South African Railways Index and Diagrams: Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975