Kleefanemoon
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die kleefanemoon (Cryptodendrum adhaesivum) is 'n anemoon en kom in die Indiese-Pasifiese area, Rooisee en die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voor. In Engels staan die anemoon bekend as die Adhesive anemone.
Kleefanemoon | |
---|---|
C. adhaesium | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. adhaesivum
|
Binomiale naam | |
Cryptodendrum adhaesivum Klunzinger, 1877
| |
Sinonieme | |
Stoichactis digitata Doumenc, 1973 |
Identifikasie
wysigDie anemoon het 'n omtrek van 300 mm by sy basis. Hierdie anemoon is plat met groen of bruinerige tentakels. Die tentakels se kleure kan ook in verskeie kombinasies voorkom. Die tentakels is kort, slegs 5mm lank en is uiters klewerig.
Bron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3