Knolharpuis
Die knolharpuis (Othonna arbuscula) is 'n struik en sukkulent wat deel is van die genus Othonna. Dit groei in die warmer gedeeltes van Suider-Afrika en het die voorkoms van 'n bonsai. Dit kom voor in die Noord-Kaap in die Richtersveld, Namakwaland klipkoppe, Knersvlakte en suidwaarts tot in die Wes-Kaap en die Robertson Karoo-area asook Namibië.
Knolharpuis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Othonna |
Spesie: | O. arbuscula
|
Binomiale naam | |
Othonna arbuscula (Thunb.) Sch.Bip., (1844)
|
Die struik is bladwisselend en meerjarig, met 'n ronde kroon en word nie hoër as 1 m nie. Dit het gewoonlik 2 tot 3 vlesige takke wat met dun bas bedek is. Die blare is grys en tot 15 mm lank. Die plant dra heldergeel blomme in die winter. Die plant se wortelstelsel groei vlak sodat dit maklik water kan opsuig.
Die plant het medisinale waarde. In Khoi staan die plant bekend as traap. Die plant se FSA-nommer is 740.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Knolharpuis.