Knysnaloerie
Die knysnaloerie (Tauraco corythaix) is 'n relatief groot voël wat in die immergroen woude van suidelike en oostelike Suid-Afrika en eSwatini voorkom.
Knysnaloerie | |
---|---|
'n Paartjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. corythaix
|
Binomiale naam | |
Tauraco corythaix (Wagler, 1827)
| |
Die verspreiding van die Knysnaloerie |
Binne die verspreidingsgebied is die spesie onmiskenbaar, hoewel dit dikwels onopvallend in die boomtoppe is. Saam met die lang stert is dit 40–42 cm lank. Die voël het 'n klein, maar dik oranje-rooi snawel en 'n wit lyn net onder die oog, wat die hoofsaaklik groen vere kontrasteer. Dit het 'n groot groen kuif met 'n wit kruin. Die oog is bruin en die oogringe diep rooi. In vlug kan die karmosynrooi vlug-vere duidelik gesien word.
Hierdie voëls lê twee eiers in 'n vlak nes van stokke wat as 'n platform in 'n boom of bos rankplante gebou word. Die geslagte is soortgelyk, maar jong voëls het 'n korter kuif sonder die wit kruin.
Fotogalery
wysig-
'n Knysnaloerie besig om te pronk.
-
Die knysnaloerie se helderkleurige vere bied uitstekende kamoeflering.
-
Eiers
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Tauraco corythaix". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Knysnaloerie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Knysnaloerie