Koerile-stompstertkat
Die Koerile-stompstertkat (Russies: Курильский бобтейл; Japannees: クリル・アイランド・ボブテイル; Engels: Kurilian Bobtail) is ’n katras of teelgroep (afhangend van die vereniging) van die Koerile, waarop beide Rusland en Japan aanspraak maak, asook Sachalin-eiland en die Kamtsjatka-skiereiland van Rusland.[1][2]
Koerile-stompstertkat | ||||
Land | Rusland, Japan | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Halfstewig | |||
Pels | Kort/halflank | |||
Patroon | Alle behalwe kleurpunte | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
Nota: Sommige verenigings verdeel die katte in aparte kort- en langhaarrasse. | ||||
|
Geskiedenis
wysigDie oorspronklike korthaarweergawe is ’n natuurlike ras[2][3] wat meer as 200 jaar op die eiland bekend is.[2] As selektief geteelde katte was hulle sedert die middel van die 20ste eeu gewild in Rusland en in ’n sekere mate in ander dele van Europa, veral aangesien hulle goeie jagters van knaagdiere is,[2] maar hulle is steeds skaars in die VSA.[2]
The International Cat Association (TICA) erken die Koerile-stompstertkat as ’n teelgroep met kort en halflang hare wat sedert November 2011 beskou word as "gevorderde nuwe rasse" wat nie geskik is vir kampioenskapstatus nie.[4] Ook die Fédération Internationale Féline (FIFe) beskou hulle as ’n teelgroep. Die World Cat Federation (WCF) erken hulle as een ras. Sedert November 2011 beskou die Amerikaanse Cat Fanciers Association (CFA) hulle glad nie as ’n ras nie.
Die Koerile-stompstertkat is moontlik verwant aan die Japannese stompstertkat,[1][5] maar nie aan die Kareliese stompstertkat van Wes-Rusland en Finland nie.
Beskrywing
wysigDie kort- en halflanghaar-weergawes is albei van gemiddelde grootte en het halfstewige lywe en ’n kenmerkende, wollerige kwassiestert met een of meer kinkels. Die rug is effens krom en die agterpote langer as die voorstes, nes by die Manx.[2] Hulle het nie ’n spesifieke kleur pels of oë nie.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Kurilian Bobtail Breed Group (KB/KBL)" (PDF). TICA.org. Harlingen, Texas: The International Cat Association (TICA). 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 November 2011. Besoek op 12 Desember 2011.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 "TICA Kurilian Bobtail Breed Introduction". TICA.org (in Engels). op. cit. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 24 November 2011.
- ↑ "Kurilean Bobtail Longhair/Shorthair: KBL/KBS" (PDF). FIFeWeb.org. Fédération Internationale Féline (FIFe). 1 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Maart 2017. Besoek op 12 Desember 2011.
- ↑ "TICA-Recognized Cat Breeds". TICA.org (in Engels). op. cit. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2015. Besoek op 24 November 2011.
- ↑ "Japanese Bobtail Breed Group (JB/JBL)" (PDF). TICA.org (in Engels). op. cit. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Augustus 2016. Besoek op 12 Desember 2011.
Eksterne skakels
wysig- Vereniging van die Koerile-stompstertkat Geargiveer 15 Februarie 2009 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koerile-stompstertkat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia