Kompanjiestuin
Die Kompanjiestuin in die sentrum van Kaapstad is die oudste openbare tuin in Suid-Afrika. Dit is amptelik in 1652 deur Hollandse settelaars gestig met die doel om voedsel te lewer, maar is 160 jaar gelede aan die publiek vir vrye besoek oopgestel. Bykomend tot die rusbanke onder die reuse bome, sluit die Kompanjiestuin se besienswaardige bates verskeie histories en botanies waardevolle bome, 'n roostuin, 'n kruietuin, 'n visdam, 'n voëlhok, en 'n teehuis in. Van historiese belang is die Dellville Wood-gedenktuin, wat die lewensverlies van duisende Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk herdenk. Die Kompanjiestuin is 'n gewilde oord waar opvoedkundige en kulturele gebeurtenisse gehou word en staan ook bekend as 'n bestemming waar troufoto's geneem word.
Besienswaardighede in die Kompanjiestuin | |||||||||
Sien ook
wysig- Cecil John Rhodes-standbeeld, in die sentrum van Kompanjiestuin
- Henry Lukin-standbeeld
Regs langs die Kompanjiestuin:
- Tuynhuys, ampswoning van die president van Suid-Afrika
- Parlement van Suid-Afrika
Nabygeleë:
- Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika
- Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad
Bibliografie
wysig- Leverton, B.J.T.: The Company's gardens, Cape Town. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 33, nr. 2, April 1984
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kompanjiestuin.