Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika
Nasionale biblioteek
Die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika is die agentskap van die Suid-Afrikaanse regering wat die nasionale biblioteek onderhou met alle gepubliseerde materiaal oor die land.
Geskiedenis
wysigTotstandkoming onder die Nasionale Biblioteekwet
wysigDie Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se basiese funksies word in Seksie 4 subseksie 1 van die Nasionale Biblioteekwet, No. 92 van 1998 beskryf en sluit in:
- om 'n volledige versameling van gepubliseerde dokumente van, of wat verband hou met Suid-Afrika op te bou
- om enige ander versameling dokumente vanuit Suid-Afrika, of wat betrekking het op Suid-Afrika, gepubliseerd of ongepubliseerd, in stand te hou en verder uit te brei
- om die optimale bestuur van versamelings gepubliseerde dokumente wat in Suid-Afrikaanse biblioteke gehou word te bevorder as 'n nasionale hulpbron; en 'n nasionale bibliografiese diens te lewer en op te tree as die nasionale bibliografiese agentskap
- om optimale toegang tot gepubliseerde dokumente, nasionaal en internasionaal, te bevorder
- om verwysings- en inligtingsdienste nasionaal en internasionaal te lewer
- om as die nasionale bewaringsbiblioteek te dien en bewaringsdienste nasionaal te lewer
- om bewustheid en waardering vir die nasionaal gepubliseerde dokumentêre erfenis te kweek
- om inligtingsbewustheid en -geletterdheid te bevorder
Die Bell-Krynauw-versameling word ook hier gehou.
Bronnelys
wysig- Duncan, Paul en Alain Proust: Hidden Cape Town. Kaapstad: Struik, 2013. ISBN 978-1-43170-299-2