Konkani
Konkani (कोंकणी, Kōṅkaṇī, [kõkɳi]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Suidwes-Indië gepraat word, veral in die deelstaat Goa asook die aangrensende deelstate Karnataka en Maharashtra. Konkani is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Konkani word in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Dit is nou verwant aan Marathi en word soms as 'n dialek van dié taal beskou. Ander verwante tale sluit in Dhivehi op die Maledive en Singalees op Sri Lanka.
Konkani कोंकणी Kōṅkaṇī | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kõkɳi] | |
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Suid-Indo-Aries Marathi-Konkani Konkani | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kok | |
ISO 639-3: | kok | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Konkani" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 25 Augustus 2018.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konkani.
- (en) "Konkani language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.