Kooigoed
Kooigoed (Helichrysum petiolare) is 'n aromatiese kruieplant en inheems aan Suid-Afrika asook Angola, Zambië en Zimbabwe. Dit het ook genaturaliseerd geraak in streke van Portugal en die Verenigde State. Dit kom reg oor Suid-Afrika voor behalwe die Noord-Kaap en Noordwes provinsies. Die plant het medisinale waarde. Die takkies en blare word gebrand sodat die walms ingeasem kan word. In Engels staan dit bekend as die licorice-plant.
Kooigoed | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Helichrysum |
Spesie: | H. petiolare
|
Binomiale naam | |
Helichrysum petiolare Hilliard & B.L.Burtt, (1973)
| |
Sinonieme | |
|