Kosmos
Volgens die mees algemene opvatting is 'n kosmos 'n geordende of harmonieuse stelsel. Die oorsprong van die begrip is die Griekse term κόσμος, wat "geordende wêreld" beteken. Vandag word die term algemeen gebruik as 'n sinoniem vir die woord "heelal".
Die gebruik van die woord "kosmos" in plaas van "heelal" impliseer om na die heelal te kyk as ’n komplekse en ordelike stelsel of entiteit; die teenoorgestelde van chaos.[1] Die kosmos, en ons begrip van die redes vir die bestaan en betekenis daarvan, word in kosmologie bestudeer – dit is ’n baie groot dissipline wat enige wetenskaplike, godsdienstige of filosofiese beskouing van die kosmos en die aard daarvan, of die redes vir sy bestaan, dek. Laasgenoemde twee benaderings kan spirituele entiteite of ander sake insluit wat buite die wetenskaplike beskouing van die fisieke heelal val.
Verwysings
wysigSkakels
wysig- Cosmos – an Illustrated Dimensional Journey from microcosmos to macrocosmos – uit Digital Nature Agency
- Foto's van die Spitzer-teleskoop van die makrokosmos Geargiveer 2 Oktober 2012 op Wayback Machine
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Kosmos.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.