Kuisheid
Kuisheid (ook wel pruderie) is terughoudendheid ten aansien van seksuele gedrag, of afwesigheid van sodanige gedrag (seksuele onthouding).
Betekenis in die Christendom
wysigDie aard van die terughoudendheid kan verskil. By baie groepe binne die Christendom word dit belangrik geag om die maagdelikheid te bewaar tot die huwelik toe, en vervolgens alleen met die huweliksmaat seks te hê.
Die kuisheid of seksuele onthouding word soms gereken tot die sewe deugde (begryp onder die meer algemene 'gematigdheid'). Dit is ook een die drie geloftes (naas armoede en gehoorsaamheid) wat 'n Katolieke religieuse skolier aflê.
Kuisheid in die Christelike ikonografie
wysigIn die Christelike ikonografie is 'n maansikkel die simbool van die kuisheid. In beeldhouwerken van gotiese kerke is die sluier ook 'n simbool vir kuisheid.
Die palmtak word gedra deur maagdelike martelaresse.[1]
Sien ook
wysig- Selibaat
- Onkuisheid
- Hoofddoek
- Maagdelikheid
- Sluier (klere)
- Kuisheidsgordel
- Kuisheidsring
Verwysings
wysig- ↑ Hall, J. (2000). Hall's Iconografisch Handboek. Leiden: Primavera Pers.