Kweper
(Aangestuur vanaf Kwepers)
'n Kweper (of Kweperboom) (Engels: Quince, Nederlands: Kweepeer, Latyn: Cydonia oblonga) is 'n plant uit die roosfamilie (Rosaceae). Die plant is vrugdraend en die vrugte word ook na verwys as kwepers.
Kweper | |
---|---|
Kweper | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cydonia |
Spesie: | C. oblonga
|
Binomiale naam | |
Cydonia oblonga |
Dit is vroeër jare algemeen in tuine aangeplant vir die vrugte wat vir konfyt gebruik is. Kwepers word veral vars in Suid-Afrika van die boom af geëet, geskil en met sout bestrooi. Dit word ook gekook in suiker en in pasteie gebruik. Dit kan ook heel en ongeskil by 160 grade in 'n oond gebak word tot dit sag is (+/- 1 tot 1 1/2 uur). Bedien dan met room of kondensmelk.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir kweper.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kweper