Lübeck
Die Hansestad Lübeck (Nederduits: Lübęk, Lübeek, Deens: Lybæk) is 'n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Lübeck is aan die Lübeckse Baai van die Oossee geleë en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel. Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied aangewys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sleeswyk-Holstein |
Koördinate | 53°52′N 10°41′O / 53.867°N 10.683°O |
Stigting | 9de eeu / 1143 |
Stadstatus | 1160 (Stadsreg van Soest) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 214,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 210 577[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 983/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,1 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -0,3 / 16,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 687 mm |
Burgemeester | Jan Lindenau (SPD) |
Amptelike Webwerf | luebeck.de |
Die grootste stede in die omgewing is Hamburg (65 kilometer suidwes van Lübeck), Kiel (78 kilometer noordwes van Lübeck) en Schwerin (68 kilometer suidoos van Lübeck). Lübeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg. As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lübeck met sy kenmerkende "Sewe Torings" homself steeds as die "Poort na die Noorde" van Europa beskou.
Geografie
wysigLübeck is aan die benedeloop van die Trave, 'n bevaarbare rivier in die Noord-Duitse Laagvlakte, geleë wat sowat 17 kilometer van die historiese stadskern af in Travemünde in die Oossee uitmond. Die historiese stadskern het op 'n heuwel ontstaan wat 'n eiland tussen die rivierlope van die Trave- en Wakenitz-riviere vorm. Daarnaas loop ook die Elbe-Lübeck-kanaal vanaf Krummesse tot by die Trave deur die stadsgebied van Lübeck.
Die omliggende landskap maak deel uit van die Oos-Holsteinse Heuwelland en is oorspronklik gedurende die Weichsel-ystydperk (pleistoseen) gevorm. Die geografiese ligging naby die Traverivier, wat net voor Travemünde deur die Baltiese Heuwels breek, het die stad se ontwikkeling tot 'n beduidende Oosseehawe bevorder wat uiteindelik die Noord-Europese magsentrum van die Middeleeue sou wees.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lübeck.
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy