L.I. Bertyn
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
L.I. Bertyn is die skuilnaam van ’n onbekende literator(s) wat in verskeie koerantartikels in die vroeë tagtigerjare die pretensieuse, grootdoenerige en hoogdrawende binne ons letterkunde en letterkundige kritiek op satiriese wyse ontbloot. Daar word bespiegel dat dit waarskynlik Gerrit Olivier (dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand), Marcus de Jong (bekende boekhandelaar van Braamfontein) en Dan Roodt (skrywer en destyds nagraadse student aan die Universiteit van die Witwatersrand) was.[1] ’n Keur uit hierdie artikels word later in “Lekkerkunde” gepubliseer.
Publikasies
wysigJaar | Publikasies |
---|---|
1984 | Lekkerkunde |
Bronnelys
wysigBoeke
wysig- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria
- Eerste uitgawe 2005
Internet
wysigResensies
wysigLekkerkunde
- Brink, André P. “Rapport” 16 September 1984
Nota
wysig- ↑ Sien Esaach-webwerf: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bertyn,_L.I.