Laerskool Jubileum
Die Laerskool Jubileum was ’n Afrikaansmedium in die voorstad Mayfair-Wes, wes van die Johannesburgse middestad.
Die skool is in 1936 geopen, maar moes einde Maart 1991 sluit[1] nadat die leerlingtal afgeneem het weens die wegtrek van Afrikaansprekendes uit Mayfair-Wes en omstreke. Die skoolgebou huisves nou die Bree Primary School.