Die huis Laetitia by Alexanderstraat 44, aan Die Braak en skuins teenoor die Burgerhuis, op Stellenbosch is van kultuurhistoriese belang en is daarom in 1977 tot kultuurmonument verklaar.

Die Laetitia gebou.

Johan Christiaan Heijnecke word in 1791 die eienaar van die erf waarop die huis staan. Kort daarna rig hy ‘n woonhuis daar op. In 1803 na ‘n groot brand in die dorp herbou Heijnecke die huis volgens die voorgeskrewe veilighiedsnorme. Dus verander dit na ‘n dubbelverdiepinghuis met ‘n plat dak. Na 1810 is dit ‘n tyd ‘n losieshuis en vind swak aan- en verbouings plaas.

Historiese Huise van Suid-Afrika word in 1968 die eienaar van die gebou en is dit in die korrekte Georgiaanse styl gerestoureer.

Bibliografie

wysig