Lampranthus foliosus
plantspesie
Lampranthus foliosus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Gansbaai tot by Mosselbaai voor. Dit is deel van die fynbos en Hartenbos-strandveld en daar is vier subpopulasies. Die plant word bedreig deur ontwikkeling aan die kus en indringerplante.
Lampranthus foliosus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. foliosus
|
Binomiale naam | |
Lampranthus foliosus L.Bolus, (1950)
|