Lampranthus glaucus
plantspesie
Lampranthus glaucus is 'n vetplant wat hoort tot die genus Lampranthus. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom voor vanaf die Kaapse Vlakte tot by Nieuwoudtville en het 'n voorkomsgebied van 20 000 km². Daar was elf subpopulasies bekend maar vier het verlore gegaan onder andere weens ontwikkeling op die Kaapse Vlakte en gewasverbouing elders. Indringerplante is nou 'n bedreiging en gewasverbouing is steeds 'n bedreiging.
Lampranthus glaucus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. glaucus
|
Binomiale naam | |
Lampranthus glaucus (L.) N.E.Br., (1930)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant is ook bekend gestel in Tasmanië, Suid-Australië en Wes-Australië.