Lawaaimakerjanfrederik
Die lawaaimakerjanfrederik (Cossypha dichroa) is 'n voëlspesie in die Muscicapidae familie. Dit kom voor in Suid-Afrika en eSwatini.
Lawaaimakerjanfrederik | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. dichroa
|
Binomiale naam | |
Cossypha dichroa (Gmelin, 1789)
|
Die spesie se natuurlike habitat is sub-tropiese of tropiese vogtige laeveld woude.
Hierdie is 'n groot janfrederik, omtrent 20 cm. Die lawaaimakerjanfrederik word onderskei deur die donker bo-gedeeltes (die oorflappe en lelie is effe donkerder as die res van die gesig, kop, nek en rug) en geel-oranje onder-gedeeltes. Dit het geen wit oogstreep nie. Onvolwasse voëls het 'n vuil, gevlekte rooibruin bo en onder die stert en is rooi-oranje met 'n donker senter. Die lawaaimakerjanfrederik migreer van die binneland na die kuswoude in die winter.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- BirdLife International 2004. Cossypha dichroa Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Afgelaai op 25 Julie 2007.