Rooitolbos
Spesie van die tolbosse
(Aangestuur vanaf Leucadendron discolor)
Die Rooitolbos (Leucadendron discolor) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Piketberg. Die plant is eenslagtig met mannetjie- en vroulike plante. Die struik word 2 m hoog en dra blomme in September. Die plant groei in rotsagtige sandsteen grond op hoogtes van 450-500 m.
Rooitolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. discolor
|
Binomiale naam | |
Leucadendron discolor E.Phillips & Hutch., (1912)
|
Vuur vernietig die plant maar die saadjies, wat in 'n tol geberg word, oorleef. Na die vuur val die saadjies na die grond.
In Engels staan dit as die Piketberg Conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 79[1].
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooitolbos.