Hopefield-tolbos
Die Hopefield-tolbos (Leucadendron foedum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is Endemie (ekologie) aan die Wes-Kaap en kom voor van Piketberg tot by Hopefield. Die plant het 'n voorkomsgebied van 292-300 km². Dit word bedreig deur landbou aktiwiteite, oorbeweiding, stedelike ontwikkeling en 'n gebrek aan brandbestuur.
Hopefield-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. foedum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron foedum I.Williams, 1969
|
Die struik word 2,5 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant, val grond toe na 'n brand en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme.
In Engels staan dit as die Hopefield conebush bekend. Die plant het baie ooreenkomste met die rooitolbos en langbeentjie.