Perdepitjie
Die perdepitjie (Leucadendron glaberrimum subsp. glaberrimum) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron glaberrimum, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Sederberg, Kouebokkeveldberge, Skurweberg en Hexrivierberge.
Perdepitjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. g. glaberrimum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron glaberrimum glaberrimum (Schltr.) Compton, (1931)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Dit blom van Augustus tot Oktober. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe twee maande nadat die blom ryp geword het. Die sade kan moontlik deur die Kaapse stekelmuis versamel word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme en word bestuif deur klein kewers. Die plant word tot 1,3 m hoog en groei in bergagtige, steil sanderige of rotsagtige hellings op hoogtes van 900 - 1770 m.
In Engels staan dit as die Oily conebush bekend.