Ljef Perofski
(Aangestuur vanaf Lev Aleksevich von Perovski)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Graaf Ljef Aleksejewitsj von Perofski (Russies: Лев Алексеевич Перовский, ook getranslitereer as Perofsky, Perovskii, Perovskiy, Perovsky, Perowski en Perowsky; 9 September 1792 – 21 November 1856) was 'n Russiese edelman en mineraloog wat ook onder Nikolaas I van Rusland as minister van binnelandse sake gedien het.[1]
In 1845 het hy die skepping van die Russiese geografiese vereniging voorgestel.[2] Die mineraal perofskiet is na hom genoem.[3]
Verwysings
wysig- ↑ Shubin, Daniel (2005). A history of Russian Christianity (volume 3]. Algora Publishing. p. 208. ISBN 0-87586-427-9.
- ↑ Congress of Russian Geographical Society may be held in Karelia, Januarie 20, 2010, by Maxim Tikhonov
- ↑ De Graef, Marc; Michael E. McHenry (2007). Structure of materials: an introduction to crystallography, diffraction and symmetry. Cambridge University Press. p. 671. ISBN 978-0-521-65151-6. Besoek op 16 Desember 2010.