Liesl Laurie
Liesl Mthombeni (neé Laurie) (gebore 28 April 1991, Johannesburg, Suid-Afrika) is ’n Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin wat in 2015 as dié jaar se Mejuffrou Suid-Afrika gekroon is.[1] Sy het die land in Sanya, China by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en onder die top-10 geëindig.
Liesl Laurie | ||
Gebore | 28 April 1991 | |
Plek | Johannesburg, Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika | |
Geboortenaam | Liesl Laurie | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. Suid-Afrika 2015 | |
Haarkleur | Swart | |
Oogkleur | Swart | |
Lengte | 1,75 m |
Geskiedenis
wysigLiesl is op 29 Maart 2015 as Mej. Suid-Afrika gekroon as opvolger vir Rolene Strauss, die Mej. Wêreld van 2014. Die geleentheid is bygewoon deur Rolene en Suid-Afrika se ander twee Mej. Wêreldkoninginne, Anneline Kriel en Penny Coelen-Rey, asook 12 vorige Mej. Suid-Afrika-wenners.[2] Liesl se ma, Karen Laurie, haar jonger suster, Michaela, en ouma Lorraine was ook in die gehoor.[3]
Op 19 Desember 2015 het Liesl onder die top-10 geëindig in die Mej. Wêreldkompetisie in China.
Verwysings
wysig- ↑ "Mireia Royo from Spain Crowned Miss World 2015". www.angelopedia.com (in Engels). Angelopedia. 19 Desember 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
- ↑ "Miss South Africa 2015: Official Thread" (in Engels). www.angelopedia.com. 29 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
- ↑ Kuier 22 April 2015
Eksterne skakels
wysigVoorafgegaan deur Rolene Strauss |
Mej. Suid-Afrika 2015 |
Opgevolg deur Ntandoyenkosi Kunene |