Liesl du Toit
Liesl du Toit (nèè Kriel) is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het aanvanklik as lid van die populêre groep Shine4 opgetree. Haar debuut solo-album, Stukkie van jou Hart is in 2010 vrygestel. Sy het die meeste van die snitte op haar debuutalbum self geskryf (10 snitte self geskryf, 2 is deur ander skrywers). Du Toit het in 2013 in die Afrikaanse musiekblyspel "Pretville" die rol van die verpleegster, Santjie gespeel.
Liesl du Toit | |
---|---|
Gebore | 2 Oktober 1983 Centurion, Pretoria, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 2001 - nou |
Etikette | Coleske-kunstenaars/ IRIS |
Assosiasies | Shine4 |
Webwerf | liesldutoit.co.za |
Diskografie
wysig- Stukkie van jou Hart, 2010
- Afri-Kaans op reis, 2011
Filmografie
wysig- Pretville, 2012
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Liesl du Toit se amptelike tuisblad Geargiveer 11 Augustus 2020 op Wayback Machine
- Ek mis jou op YouTube