Lucifer (TV-reeks)
Lucifer is 'n Amerikaanse fantasiereeks vir televisie wat deur Tom Kapinos ontwikkel is en die eerste keer op 25 Januarie 2016 gewys is. Die laaste episode was op 10 September 2021. Dit gaan oor Lucifer Morningstar (Tom Ellis), 'n alternatiewe weergawe van die DC Comics-karakter met dieselfde naam wat deur Neil Gaiman, Sam Kieth en Mike Dringenberg uit die strokiesverhaal The Sandman geskep is. In die reeks is Lucifer die duiwel, maar het hy die hel verlaat om 'n nagklub in Los Angeles te bestuur. Hy ondergaan groot lewensveranderings nadat hy 'n konsultant vir die LAPD geword het. Ander akteurs sluit in Lauren German, Kevin Alejandro, Lesley-Ann Brandt, Rachael Harris en Aimee Garcia.
Lucifer | |
Genre |
|
---|---|
Geregisseer deur |
|
Met |
|
Temamusiekkomponis | Heavy Young Heathens |
Openingstema | "Being Evil Has a Price" |
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 6 |
Aantal episodes | 93 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Venue(s) |
|
Kinematografie |
|
Produksiemaatskappy |
|
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Fox, Netflix |
Oorspronklike lopie | 25 Januarie 2016 | – 10 September 2021
Die verfilming het hoofsaaklik in Vancouver plaasgevind voordat die hele produksiespan aan die begin van die derde seisoen na Los Angeles geskuif het. Die eerste seisoen het gemengde resensies gekry en die oorspronklike uitsender, Fox, het dit in Mei 2018 ná drie seisoene gekanselleer. 'n Maand later het Netflix die reeks hervat ná 'n veldtog deur aanhangers, en nog drie seisoene is geskiet. By Netflix het dit deurentyd goeie resensies gekry.[2]
Storielyn
wysigDie reeks fokus op Lucifer Morningstar, 'n magtige engel wat weens sy opstand uit die hemel gewerp en gedwing word om mense millenniums lank te straf as heerser van die hel. Hy is verveeld en ongelukkig met sy lewe in die hel en laat teen sy vader, God, se wil sy troon agter en trek na Los Angeles, waar hy sy eie nagklub bestuur. Toe hy in 'n moordondersoek betrokke raak, ontmoet hy Chloe Decker, 'n speurder by die LAPD. Sy fassineer hom, want sy is die eerste mens wat nie voor sy sjarme swig nie. Nadat hy die polisie die saak help oplos het met sy grootste krag (om mense te dwing om hulle grootste begeertes aan hom te verklap), aanvaar Lucifer 'n uitnodiging om aan te hou om as polisiekonsultant saam met Chloe te werk. Deur die reeks kom hulle talle bonatuurlike wesens teen terwyl hulle misdade saam oplos en hulle verhouding ontwikkel.
Episodes
wysigSeisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 13 | 25 Januarie 2016 | |
2 | 18 | 19 September 2016 | |
3 | 24 2 |
2 Oktober 2017 28 April 2018 | |
4 | 10 | 8 April 2019 | |
5 | 8 8 |
21 Augustus 2020 28 Mei 2021 | |
6 | 10 | 10 September 2021 |
Hoofkarakters
wysigBederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.
- Tom Ellis is Lucifer Morningstar. Hy is verveeld met sy lewe as die heerser van die hel, los sy troon en bestuur sy eie nagklub in Los Angeles, terwyl hy as 'n burgerlike konsultant vir Los Angeles se polisiediens werk.[3] In seisoen 5 vertolk Ellis ook die rol van Lucifer se tweelingbroer, Michael, wat vir 'n kort ruk Lucifer se identiteit oorneem nadat dié na die hel teruggekeer het.[4]
- Lauren German is speurder Chloe Decker, 'n moordspeurder en voormalige aktrise wie se pa 'n polisieman by die LAPD was. Sy los misdade saam met Lucifer op. Hy stel in haar belang omdat sy die eerste mens is wat immun is teen sy sjarme.[5]
- Kevin Alejandro is speurder Daniel "Dan" Espinoza van die LAPD en Chloe se eksman.[6] Hy ontwikkel 'n ingewikkelde verhouding met Lucifer omdat hulle dikwels bots en mekaar beledig, veral toe Lucifer en Chloe stadigaan romanties betrokke raak.
- D.B. Woodside is Amenadiel, Lucifer se ouer broer. Hy is 'n engel en die oudste van hulle sibbes. Hy kom in Los Angeles aan om Lucifer te probeer oorreed om terug te keer hel toe. Toe hy nie slaag nie, probeer hy Lucifer op verskillende maniere dwing. Hy word later die pa van die eerste halfengel/halfmens in die geskiedenis by Linda.[7]
- Lesley-Ann Brandt is Mazikeen "Maze", 'n vetroueling en getroue vriendin van Lucifer. Sy is 'n demoon wat Lucifer se hoofmartelaar was en sluit in Los Angeles by hom aan as 'n kroegmeisie en lyfwag in sy nagklub. In die tweede seisoen soek Maze 'n nuwe uitdaging en word sy 'n losprysjagter. Sy trou in die finale seisoen met Eve.[8][9] In seisoen 5 speel sy ook die rol van die demoon Lilith, Maze se ma en Lucifer se oudminnares.
- Scarlett Estevez is Beatrice "Trixie" Espinoza, Chloe en Dan se dogtertjie wat Lucifer en Mazikeen bevriend, aanvanklik tot hulle ergernis.[10]
- Rachael Harris is dr. Linda Martin, Lucifer se psigoterapeut. In seisoen 4 word sy en Amenadiel die ouers van Charlie, die eerste halfengel/halfmens in die geskiedenis.[7]
- Aimee Garcia is Ella Lopez, forensiese wetenskaplike vir die LAPD.[11] In seisoen 3 word onthul Ella is gereeld deur Lucifer se suster, "Rae-Rae" Azrael, die engel van die dood, besoek ná 'n motorongeluk in haar jeug. Sy is altyd optimisties en entoesiasties.
- Tricia Helfer is "mum"/godin, Charlotte Richards en Shirley Monroe, Lucifer en Amenadiel se ma en die verbanne vrou van God wat uit haar tronk in die hel ontsnap het. Op aarde beset haar siel die liggaam van Charlotte Richards, 'n vermoorde prokureur.[12][13] Charlotte word aan die einde van seisoen 3 vermoor.[14][15] In die laaste episode keer Charlotte vir 'n kort ruk terug en eet in die hemel saam met Dan, met wie sy 'n romantiese geskiedenis gehad het voordat sy vermoor is.
- Tom Welling is luitenant Marcus Pierce / Kain (seisoen 3), 'n hoogs gerespekteerde polisieluitenant wat Chloe, Dan en Ella se hoof by die LAPD is. Daar word onthul hy is die onsterflike Kain, Adam en Eva se seun en Abel se broer. Hy is die wêreld se eerste moordenaar en vir sy straf moet hy die aarde vir ewig bewandel met die merk van Kain.[16]
Ontvangs
wysigDie loodsepisode is baie goed ontvang. Bleeding Cool se Dan Wickline het dit geprys, en gesê die dialoog is goed en die hoofkarakters lewer dit foutloos. Volgens hom "neem dié weergawe van Lucifer feitlik niks ernstig op nie en die reeks is beter danksy dit".[17] Max Nicholson van IGN het die loodsepisode 'n punt van 6,9/10 gegee; hy het Tom Ellis se vertolking van Lucifer en die reeks se lighartigheid geprys, maar dit gekritiseer omdat dit eintlik nog 'n misdaadreeks is.[18]
Die eerste seisoen het 'n gemengde reaksie gekry. Op Rotten Tomatoes het 49% van resensente dit 'n positiewe resensie gegee, met 'n gemiddelde punt van 5,4 uit 10.[19] Metacritic het dit 'n punt van 49 uit 100 gegee, gebaseer op 24 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.[20]
Dit lyk of resensente prositiewer ingestel was teenoor die res van die reeks. Die tweede seisoen het 100% op Rotten Tomatoes gekry, met 'n gemiddelde punt van 7,9 uit 10. Volgens die webtuiste "blink Tom Ellis steeds uit as die Morning Star [sic], maar dalk kon hy hoër gevlieg het as hy nie in so 'n bekende formaat vasgevang was nie".[21]
Ed Power van The Telegraph het die tweede seisoen se première 4 uit 5 gegee.[22]
Sensuurveldtog
wysigOp 28 Mei 2015 het die American Family Association (AFA) se webtuiste One Million Moms 'n petisie gepubliseer om te probeer keer dat die reeks uitgesaai word. Volgens die petisie "sou die reeks Satan as 'n goedhartige, innemende persoon in menslike vlees uitbeeld".[23] Die petisie het teen die premièredatum 31 312 handtekeninge gehad.[24] Dit is op dieselfde datum gepubliseer op die AFA se hoofwebtuiste, waar dit teen die premièredatum 134 331 handtekeninge ingesamel het.[25][26]
In 'n grap in die tweede seisoen se episode "Sympathy for the Goddess" word na die veldtog verwys. Toe aan Lucifer gesê word hy is in gevaar, vra hy: "Is dit die Yakuza?[nota 1] Die Nefilim? One Million Moms?"
Reaksie op kansellasie
wysigOp 11 Mei 2018, nadat die reeks aanvanklik gekanselleer is, is aangekondig die laaste episode van die derde seisoen sou vol spanning en onsekerheid eindig om te keer dat Fox die reeks kanselleer. 'n Beroep is op aanhangers gedoen om "'n lawaai te maak" met die hutsmerk #SaveLucifer.[27][28] Aanhangers, sowel as die akteurs en filmspan, het op Twitter beswaar aangeteken en #SaveLucifer het gou die gewildste hutsmerk geword.[29][30] 'n Tweede hutsmerk, #PickUpLucifer, was ook gou gewild.[31] 'n Aanlyn petisie is ook geskep om 'n vierde seisoen van Lucifer op 'n nuwe netwerk die lig te laat sien.[32] Op 15 Junie het Netflix aangekondig dat hulle die nuwe seisoen sou vervaardig. Die tweede laaste episode van die vierde seisoen heet "Save Lucifer" ter ere van die veldtog.[33]
Nota
wysigVerwysings
wysig- ↑ Harrison, Ellie. "When is Lucifer season 5 on Netflix? Release date, cast and everything you need to know". Radio Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2020. Besoek op 8 September 2020.
- ↑ Hersko, Tyler (15 Oktober 2021). "'Lucifer Reclaims Viewership Throne in Nielsen's Latest Streaming Report". indiewire.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2022. Besoek op 24 Januarie 2022.
- ↑ Chris, Arrant (27 Februarie 2015). "LUCIFER Cast For New FOX Pilot". Gamesradar. Newsarama.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 27 Februarie 2015.
- ↑ "Lucifer Season 5 Official Trailer - Netflix". Youtube. 13 Julie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2020. Besoek op 14 Julie 2020.
- ↑ Sharma, Nemisha (29 November 2016). "'Lucifer' Season 2 Spoilers: What Happened In Episode 10? Fall Finale 'Quid Pro Ho' Reveals That Chloe Decker Is Special RECAP". International Business Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 16 Mei 2017.
- ↑ Andreeva, Nellie (1 Julie 2015). "Kevin Alejandro Joins Fox Series 'Lucifer' As Regular in Recasting". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 19 Februarie 2020.
- ↑ 7,0 7,1 Yohannes, Alamin (14 Maart 2015). "D.B. Woodside And Rachael Harris Board 'Lucifer'". DCtvuniverse.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2015.
- ↑ Andreeva, Nellie (17 Maart 2015). "Lesley-Ann Brandt Joins 'Lucifer' Fox Pilot in Recasting". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 19 Februarie 2020.
- ↑ Shaw-Williams, Hannah (18 Maart 2015). "'Lucifer' TV Show Recasts Maze with 'Gotham' Cast Member Lesley-Ann Brandt". Screen Rant. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 30 Mei 2017.
- ↑ Wagmeister, Elizabeth (8 Mei 2015). "Fox Adds DC Comics Drama 'Lucifer' & 'Minority Report' to 2015–16 Slate". Variety.
- ↑ Stanhope, Kate; Goldberg, Lesley (23 Junie 2016). "'Lucifer' Adds 'Dexter' Alum Aimee Garcia as Series Regular for Season 2". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2017. Besoek op 30 Mei 2017.
- ↑ Ausiello, Michael (21 Junie 2016). "Tricia Helfer Joins Lucifer Season 2 as Literally the Mother From Hell". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2016. Besoek op 22 Junie 2016.
- ↑ Hatchett, Keisha (15 Oktober 2019). "3 Theories on How Tricia Helfer's Charlotte Is Returning for Lucifer Season 5". TVGuide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2020. Besoek op 15 Oktober 2019.
- ↑ Ausiello, Michael (21 Junie 2016). "Tricia Helfer Joins Lucifer Season 2 as Literally the Mother From Hell". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2016. Besoek op 22 Junie 2016.
- ↑ Hatchett, Keisha (15 Oktober 2019). "3 Theories on How Tricia Helfer's Charlotte Is Returning for Lucifer Season 5". TVGuide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2020. Besoek op 15 Oktober 2019.
- ↑ Birnbaum, Debra (22 Julie 2017). "Tom Welling Joins Cast of 'Lucifer' for Season 3". Variety. Besoek op 15 Augustus 2017.
- ↑ Wickline, Dan (10 Julie 2015). "SDCC '15: Pilot Screening of Lucifer – 'An Invaluable Crime-fighting Tool'". Bleeding Cool. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2016. Besoek op 10 Julie 2015.
- ↑ Nicholson, Max (23 Januarie 2016). "Lucifer: "Pilot" Review". IGN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 10 Mei 2018.
- ↑ "Lucifer: Season 1 (2016)". Rotten Tomatoes. Fandango. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2020. Besoek op 22 Maart 2020.
- ↑ "Lucifer: Season 1 (2016)". Metacritic. CBS Interactive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2020. Besoek op 18 Maart 2020.
- ↑ "Lucifer: Season 2 (2016–2017)". Rotten Tomatoes. Fandango. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020. Besoek op 22 Maart 2020.
- ↑ Power, Ed (20 September 2016). "Lucifer season 2, Amazon Prime, review: a wickedly bonkers run-in with the mother from Hell". The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2022. Besoek op 28 Maart 2017.
- ↑ Deen, Sarah (8 Junie 2015). "Christian group One Million Moms is really unhappy about the new Lucifer TV show". Metro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2022. Besoek op 4 Julie 2015.
- ↑ "Urge FOX – Drop Plans to Air 'Lucifer' – Sign Petition Now!". One Million Moms. 10 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019. Besoek op 4 Julie 2015.
- ↑ "FOX Network to air 'Lucifer' – portraying Satan as a good guy". American Family Association. 27 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2015. Besoek op 4 Julie 2015.
- ↑ Smith, Samuel (29 Mei 2015). "'Lucifer' Fox TV Series 'Mocks the Bible', Says One Million Moms' Petition to Cancel the Show". The Christian Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2022. Besoek op 4 Julie 2015.
- ↑ Gomez, Patrick (11 Mei 2018). "'Save Lucifer!' Fans rally to rescue the Fox series from cancellation". Entertainment Weekly. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Evans, Greg (11 Mei 2018). "Canceled 'Lucifer' Producers, Cast Raise Hell On Social Media: "Heartbreaking Doesn't Begin To Describe"". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Bonomolo, Cameron (11 Mei 2018). "'Lucifer' Fans Are Angry As Hell About Show's Cancellation". Comicbook.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Boucher, Ashley (11 Mei 2018). "To Hell and Back? #SaveLucifer Fan Crusade Burns up Twitter After Fox Cancellation". Yahoo!. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Holbrook, Damian (14 Mei 2018). "'Lucifer' Star Tom Ellis 'Not Giving Up' on Season 4 Renewal, Cheers on Fans". TV Insider. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Cavanaugh, Patrick (11 Mei 2018). "Fans Create Online Petition to Get 'Lucifer' Picked Up By New Network". Comicbook.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2018. Besoek op 6 November 2018.
- ↑ Drum, Nicole (6 November 2018). "'Lucifer' Episode 409 Has the Best Title Ever". Comicbook.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 6 November 2018.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.