Luphephedam
Die Luphephedam is 'n boogtipe dam wat in die Luphepherivier geleë is, 'n sytak van die Nwanedirivier, deel van die Limpoporivierbekken.[1] Dit is 48 km suidoos van Musina, Limpopo, Suid-Afrika geleë. Dit is in 1964 opgerig en dien hoofsaaklik vir besproeiingsdoeleindes. Die gevaarpotensiaal van die dam is hoog (3).
Luphephedam | |
---|---|
Ligging | Nwanedi |
Provinsie/Land | Limpopo, Suid-Afrika |
Koördinate | 22°38′12″S 30°24′19″O / 22.63667°S 30.40528°O |
Dam in | Luphepherivier |
Doel | Besproeiing |
Openingsdatum | 1964 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 39 m |
Lengte van wal | 85 m |
Bakmaat | 14 800 000 m3 |
Reservoir | Luphephedam-reservoir |
Opvanggebied | 157 km2 |
Damoppervlak | 141,6 hektaar |
Dit is 'n tweelingdam, die Nwanedidam is wes van die dam geleë, minder as 0,25 km uitmekaar.
Sien ook
wysig- Lys van grootste damme in Suid-Afrika
- Lys van riviere van Suid-Afrika
Bronne
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Nwanedi River - Dams". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 31 Maart 2012.