Lys van IRC-bevele
Wikimedia lysartikel
Hieronder volg 'n lys van bevele wat binne die raamwerk van die IRC-protokol gebruik kan word.
Na die installering van 'n IRC-kliënt kan u toegang tot 'n IRC-bediener verkry. Om byvoorbeeld na bediener irc.freenode.net te konnekteer:
/server irc.freenode.net
Die kliënt sal nou 'n verbinding met 'n bediener in die FreeNode-netwerk bewerkstellig. Daarna kan u toegang tot 'n kanaal verkry deur in te tik:
/join #naam_van_kanaal
Alle bevele begin met 'n skuinsstreep (/). Hierdie bevele is nie vir ander gebruikers sigbaar nie. Alle teks wat nie met 'n "/" begin nie sal deur almal gesien kan word.
Die belangrikste bevele sluit in:
Bevel | Resultaat |
---|---|
/join #wikipedia-af
|
Gaan die kanaal #wikipedia-af binne. |
/who #wikipedia-af
|
Gee inligting oor die aanwesige gebruikers. @ = kanaal-operateur, terwyl * 'n globale IRC-operateur aandui. |
hallo julle!
|
Almal op die kanaal #wikipedia-af sien nou: <bynaam> hallo julle! |
/me voel ietwat vreemd hier
|
Almal op die kanaal #wikipedia-af sien nou: * bynaam voel ietwat vreemd hier. |
/part #wikipedia-af
|
U verlaat die kanaal. |
/whois Piet
|
Verkry inligting oor Piet, of oor enige ander bynaam wat u ingesleutel het. |
/whois jounaam
|
Verkry inligting oor uself, soos ander mense dit sal sien. |
/nick nuwenaam
|
Verander u bynaam na "nuwenaam". |
/msg Piet hallo daar.
|
Slegs Piet sal die boodskap sien (julle hoef nie beide op dieselfde kanaal te wees nie). |
/ping #wikipedia-af
|
Verskaf inligting oor die vertraging tussen u en ander persone op die kanaal #wikipedia-af. |
/ping Piet
|
Dieselfde, maar tussen u en Piet. |
/dcc chat Hansie
|
Stuur 'n boodskap na Hansie vir 'n dcc -kletssessie. As Hansie dieselfde intik, maar met u bynaam, word die verbinding gemaak. dcc is vinniger en veiliger as /msg .
|
/help
|
Verkry hulp-inligting in die meeste IRC-kliënte. |
/quit totsiens!
|
U verlaat IRC, terwyl die ander persone op die kanaal u groetboodskap sien: "*** Signoff: bynaam (totsiens!)". |
/amsg Hallo
|
Stuur 'n boodskap na alle aktiewe kanale. Die boodskap in die geval is "Hallo". |
/ame is siek
|
Stuur 'n /me na elk aktiewe kanaal en die "/me" is in die geval "is siek".
|