MGM-140 ATACMS
Die MGM-140 Army Tactical Missile System (ATACMS) is 'n taktiese ballistiese missiel wat deur die Amerikaanse verdedigingsmaatskappy Lockheed Martin vervaardig word. Dit het 'n reikafstand van tot 300 km,[1] met soliede dryfmiddel, en is 4.0 m lank en 610 mm in deursnee. Die ATACMS kan afgevuur word vanaf die rusperbande M270 Multiple Launch Rocket System (MLRS), en die wielgedrewe M142 High Mobility Artillery Rocket System (HIMARS).
’n ATACMS-lanseringshouer het ’n deksel met ses sirkels soos ’n standaard MLRS-vuurpyldeksel, maar bevat net een missiel[2] die identiese patroon maak dit meer uitdagend vir vyandelike intelligensie om dit as ’n hoëwaarde-teiken uit te sonder.
Op 17 Oktober 2023 is berig dat 'n aanval van Oekraïense magte op die besette Berdjansk-vliegveld wat na bewering verskeie Russiese helikopters vernietig het, uitgevoer is met M39 (ATACMS Blok I) met M74 tros-submunisie.[3][4]
Verwysings
wysig- ↑ "Army Tactical Missile System Block IA Unitary". Lockheed Martin. 25 Maart 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2021. Besoek op 20 Desember 2021.
- ↑ "MGM-140 ATACMS". Military Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2020. Besoek op 15 Oktober 2018.
- ↑ https://twitter.com/UAWeapons/status/1714286709654143332?s=20 , https://twitter.com/UAWeapons/status/1714286709654143332?s=20 , toegang 2023-10-17, X (voorheen Twitter
- ↑ "At the airfield in Berdyansk, after the night strikes of the Armed Forces of Ukraine, the remnants of M74 cluster submunitions from the ATACMS (MGM-140) ballistic missile were discovered, OSINT analysts report". Twitter (in Engels). 17 Oktober 2023. Besoek op 17 Oktober 2023.